Dendermonde Termonde | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Grote Mark met stadhuis en gereg | |
Ligging van Dendermonde in die provinsie Oos-Vlaandere | |
Koördinate: 51°02′00″N 4°06′00″O / 51.03333°N 4.10000°O | |
Land | België |
Gewes (deelstaat) | Vlaandere |
Provinsie | Oos-Vlaandere |
Regering | |
• Burgemeester | Leen Dierick (CD&V/N-VA) |
Oppervlak | |
• Totaal | 55,67 km2 (21,49 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 44 257 |
• Digtheid | 795/km2 (2 060/vk. myl) |
Poskode | 9200 |
Skakelkodes | 052 |
Webwerf | www.dendermonde.be |
Dendermonde (Frans: Termonde) is 'n Belgiese stad in die ooste van die Vlaamse provinsie Oos-Vlaandere en het 'n oppervlakte van 56 km² en 44 257 inwoners (2011). Plekke in die munisipale gebied van Dendermonde is Dendermonde (stad), Grembergen, Baasrode, Sint-Gillis-Dendermonde, Appels, Schoonaarde, Oudegem en Mespelare. Dendermonde grens aan die munisipaliteite Wichelen, Berlare, Zele, Hamme, Buggenhout, Lebbeke en Aalst. Dendermonde vervul 'n aantal ekonomiese en kulturele funksies op regionale vlak. Die stad het 'n hospitaal en enkele skole. Elke Maandag kom besoekers vir hulle weeklikse inkopies na die mark.
Die stad beskik oor 'n spoorwegstasie wat verbindings na Asse, Brussel, Buggenhout, Mechelen, Zele, Lokeren en Gent bied. Die eerste spoor vir stoomaangedrewe lokomotiewe was 'n lyn wat Dendermonde met Mechelen verbind het en wat in die 19e eeu in gebruik geneem is.